bg1
bg2
home
debt counselling
apply
other_services
about us
contact us
FAQ
bg10
bg11
bg13
bg14
Wat is Skuldberading?
Skuldberading is ‘n proses waardeur verbruikers gehelp word om hul maandelikse skuldlas te behartig. Onder andere word:
  • die verbruikers se skuldlas herstruktureer
  • daar met skuldeisers (krediteure) onderhandel
  • verbruikers gehelp om effektief te begroot
Skuldberading is NIE Skuld adminstrasie nie. Dit is ook NIE oneindig nie. Sien Proses #6 hieronder (Stappe).

Regsstappe en beslaglegging:

‘n Verbruiker wat aansoek doen vir skuldberading, is gevrywaar teen krediteure se regsstappe en beslaglegging van goedere.In die verband is tydsbereking en ander voorwaardes geldig. Verbruikers moet noodgedwonge ‘n skuldberader raadpleeg.

Stappe wat gevolg moet word (Proses)

1. ‘n Verbruiker wie vermoed dat hy/sy wel in ‘n skuldbelaaide posisie is, mag direk by ‘n skuldberader aansoek doen of hy/sy kan deur ‘n skuldeiser (krediteur) of landroshof verwys word.

2. Na ‘n ontvangs van die nodige dokumentasie van die verbruiker, verwittig die skuldberader alle skuldeisers en die kredietburo van die verbruiker se aansoek om berading. Wettige beskerming onder die vaandel van die Nationale Kredietwet tree in.

3. Kredieteure word versoek om om die skuldberader te voorsien van besonderhede oor die verbruiker se rekeninge. Die berader is dan in ‘n posisie om te bepaal of die verbruiker ‘n skuldbelaaid is.

4. Indien dit die geval is, sal die berader ‘n Aanbod ter betaling van skuld voorstel en dit aan skuldeiesers aanbied.

5. Indien skuldeisers die voorstelling aanvaar, word ‘n hofbevel verkry.

6. Wanneer die verbruiker sy/haar skuldlas die hoof gebied het, word ‘n VRYWARINGS SERTIFIKAAT deur die berader voorsien. Rekord van die skuldberading word geskraap by die kredietburo en krediet mag weer eens verleen word.

Wie vergoed die skuldberader?

Wanneer u aansoek doen vir skuldberading, betaal u ‘n aansoekfooi van R50. Mits u nie oor ‘n afskrik van u kredietburo – verslag beskik nie, doen die berader aansoek namens u teen ‘n koste van R20. Hierdie bedrae is al wat u direk aan die skuldberader betaal en wat uit u kontantvloei betaal word.

Nadat u betaalings voorstel (Aanbod) aan u krediteure voorgele is, betaal u maandeliks EEN bedrag aan die VEREFFENINGS – AGENTSKAP(PDA). Die bedrag is die nuwe TOTALE MAANDELIKSE BEDRAG WAT U BETAAL. Van u eerste paaiement word geld verhaal om die beraders fooi te betaal. Die regskoste word van die tweede maand se paaiement verhaal. Daarna word paaiemente gebruik om die skuldlas te delg. U hoef nie van u kontantvloei enige ekstra bedrae vir skuldberading te betaal nie.

Voortaan word die maksimum fooi deur die SKULDBERADERSVERENIGING VAN SA en die NASIONALE KREDIET REGULEERDER bepaal.

Kliek hier om die volledige Afrikaanse teks af te laai